Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bonsaiers skou in botaniese tuin

Bonsaiers skou in botaniese tuin
 
2007-11-15


TYDENS die jaarlikse skou van die Boland Bonsai Kai op Stellenbosch sal besoekers weer die skaars geleentheid kry om die oudste Bonsaiversameling in die land te besigtig.

Die skou vind plaas op Saterdag 24 November van 09:00 tot 17:00, en op Sondag 25 November van 10:00 tot 16:00.

Toegang is gratis, maar boompies sal te koop aangebied word, en ’n Bonsai kan op ’n ‘gelukkige trekking gewen word.

Die versameling, wat erflatings is wat aan die Botaniese Tuin van die Stellenbosch Universiteit gemaak is, is nie altyd oop vir die publiek nie, maar die bestuur van die tuin het goedgunstiglik ingewillig om dit oop te hou vir die twee dae.

Die Boland Bonsai Kai, wie se lede die verantwoordelikheid aanvaar het om na die kunswerkies om te sien en dit in ’n goeie toestand te hou, sal tydens die skou beskikbaar wees om belangstellendes inligting en advies te gee.

Die skou, wat ’n hoogtepunt geword het op die botaniese kalender in die Boland, was verlede jaar deur ’n rekordgetal mense besoek toe dit vir die eerste keer in die Botaniese Tuin aangebied is.

Lede het reeds vir hulle naam gemaak in Bonsai-kringe in die Wes-Kaap en besoekers kan verseker wees van ’n besonder hoë standaard.

Boompies moet vir 11 maande van die jaar besondere aandag kry, maar die 12de maand is net voor die skou wanneer hulle soos babatjies opgepas en gereed gekry word.

Die Botaniese Tuin van die US, wat op sigself ’n besoek werd is, het gratis hulle geriewe beskikbaar gestel vir hierdie uitstaande geleentheid.

Vir verdere navrae, skakel Marie-Louise du Plessis by 082-7150-856, of Pietman Retief by 082-5541-476.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za