DIE eiendomsontwikkelaar Aslo Holdings loods vandeesweek die bemarking van The Vines, ’n nuwe woonstelblok in Hoofstraat, Noorder-Paarl.
Daar sal altesame 42 woonstelle beskikbaar wees en die gebou van drie verdiepings het puik uitsigte op Paarlberg, die Paarlvallei en die Drakensteinberge.
Dit bied ’n goeie geleentheid vir beleggers. Die woonstelle word nou reeds bemark en sal teen begin van 2009 gelewer word.
’n Deposito van net 5% word vereis en betalings op verbande sal eers ná lewering begin.
“Dis ’n uitstekende belegging,” sê Johannes Barnard, besturende direkteur van A-Property Sales, ’n filiaal van Aslo wat vir die verkope van die woonstelle verantwoordelik sal wees. Verbande sal ook van ’n filiaal, A-Mortgage Loan, beskikbaar wees.
’n Goeie aanduiding van ’n ontwikkelaar se vertroue in sy produkte is wanneer hy bereid is om van die eenhede vir homself as ’n belegging terug te hou. Aslo gaan in die geval van The Vines 14 eenhede hou.
Die moedermaatskappy is benewens The Vines betrokke by 17 ander ontwikkelings met ’n waarde van R2 miljard in die Wes-Kaap.
Die maatskappy is in die Paarl gesetel waar hy bekend is vir sy bydrae tot die bewaring van die karakter van die Hoofstraat. Dieselfde geld vir die bewaring van die oorspronklike gebou op die perseel waar The Vines opgerig word.
“Die huis is oorspronklik in die Victoriaanse styl gebou en later in die jare 40 of 50 aangepas met rustiek blokvormige pilare.
“Die kombinasie van dié pilare en die loodglasvensters maak dit ’n uitsonderlike gebou wat bewaar moet word om die konteks van die Paarlse Hoofstraat te behou,” sê dr Elzet Albertyn, Paarlse kultuurhistorikus.
“Met hierdie projek herbevestig ons ons vertroue in die Paarl en sy hoofstraat met al sy waarde vir beleggingsmoontlikhede,” sê Anton Louw, voorsitter van Aslo.
Die gebou sal mettertyd, soos Aslo se drie ander geboue in die Hoofstraat, vir kantore gebruik word. Die vier geboue wat Aslo nou help bewaar, is Hoofstraat 195 en 205, wat langs mekaar is, asook 113 en 474