DRIE vroue het nouliks die dood ontsnap, nadat hulle in Kaapstad ontvoer is en op die helling van Du Toitskloof verkrag is.
Die voorval het Saterdagaand ontvou toe vier vroue vanaf ’n nagklub in Kaapstad gery het in die Lansdowne-omgewing.
Kort nadat een van die vroue by haar huis afgelaai is, het ’n wit BMW met ’n blou lig voor in die voertuig die ander vroue van die pad afgetrek.
Hulle beweer dat die bestuurder vir hulle gesê het dat hy ’n wetstoepasser is en dat hy die bestuurder na die naaste polisiestasie wil neem, want hy het vermoed dat sy onder die invloed van drank was.
Hulle het almal in sy voertuig geklim en hy het vir hulle nog gewaarsku om al hul besittings saam te neem en seker te maak dat die motor gesluit is.
Die man het op die N1 gery in die rigting van die Paarl en kort hierna het hy vir hulle beveel om met hul koppe tussen hul knieë te sit.
Later het hy op die kruin van Dutoitskloof stilgehou en vir die meisies beveel om tussen die bosse af te loop.
Hulle het intussen bome beland waarna die man hul hande en voete vasgebind het.
Volgens hulle het hy gevra of hulle swanger is. Een van die vrouens het geantwoord dat sy is en hy het vir haar opsy geskuif.
Die ander twee vrou is pille gegee wat vir hulle bedwelm het. Hulle is toe verskeie kere verkrag. Hierna het die man vir hulle daar gelaat en spoorloos verdwyn.
Sondagoggend het ’n bergfietsryer tot hul redding gekom, toe hy deur die bos gery het en op die drie vroue afgekom waar hulle rigtingloos rondgedwaal het.
Hulle het die aanvaller beskryf as ’n goedgeklede man met ’n snor en ’n bril.
Enigiemand met enige inligting in verband met die voorval kan vir insp Hildigarde Mackeur skakel by 021-807-4000.
* Three women were abducted and raped on Du Toit’s Kloof.