Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun verhoed waterdood in kanaal

Seun verhoed waterdood in kanaal
 
2007-11-15


'n VIERJARIGE dogtertjie is van ’n gewisse waterdood gered nadat sy in ’n kanaal in Saron beland het.

Hierdie kanaal loop vanaf die nabygeleë Voëlvlei-dam, agter om die dorp.

Anwill Koordom (11) vertel dat hy verlede Donderdagmiddag naby die kanaal gestap het toe hy iets in die water sien dryf het.

“Ek het vir Chantal Williams sien dryf met haar gesig onder die water. Eers het ek gedink dat sy net speel, want baie kinders kyk hoe lank hulle hul asem onder die water kan op hou.

“Ek het egter vinnig agtergekom dat iets fout is.

“Ek en my vriend Newton Fortuin het in die kanaal gespring en vir Chantal na die wal gebring. Sy het skuim om haar mond gehad en nie asem gehaal nie.”

Verder vertel Anwill dat talle nuuskieriges nader gedrom het en ’n plaaslike vrou wat mediese agtergrond het, het vir die lewelose Chantal op die bors begin kap.

Sy het kort hierna water uitgespoeg en begin asem haal.

“Ons het almal gedink dat sy dood is, maar toe raak sy weer lewendig.”

Chantal is na die kliniek op Saron geneem en na ’n deeglike mediese ondersoek is sy in ’n bevredigende toestand ontslaan.

Haar ma Geraldine, sê dat sy verskriklik geskok was toe sy by haar werk geskakel is met die nuus.

“Ek is vir ewig dankbaar aan die seuns wat my kind se lewe gered het.”

Die inwoners van Saron is egter nou woedend oor die nuutste voorval.

’n Gemeenskapsleier het gesê dat dit nie die eerste keer is dat ’n kind hiér verdrink nie.

“Die munisipale swembad se toegangstariewe is nou baie duur. Daar word verwag dat kinders R4,50 moet betaal om te gaan swem en die meeste van hulle het eenvoudig nie die geld nie.

“Saron raak verskriklik warm in die somer en dan gaan soek die kinders lafenis in die kanaal.

“Die minste wat die owerhede kan doen is om ’n heining om die kanaal te span sodat ons kinders nie daar kan speel nie.

“Ons wil nie weer ’n kind hier verloor nie.”

*Dinsdagmiddag het die noodlot wel ‘n gesin van die Paarl getref, toe ‘n 18 maande oue dogtertjie in ‘n swembad verdrink het by haar ouerhuis in Simondium.

Gayle Huddlestone het vir enkele oomblikke uit haar ma se sig verdwyn. Toe daar na haar gesoek word is haar liggaam in die swembad ontdek.

* A young girl was saved from drowning in a canal in Saron.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za