Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoumann steeds op dreef

Stoumann steeds op dreef
 
2007-11-15


DIE plaaslike driekamp atleet, Martie Stoumann, het die afgelope tyd aan verskeie wedlope deelgeneem waar sy, soos in die verlede, baie goeie prestasies behaal het.

Die eerste byeenkoms het op Clanwilliam plaasgevind waar sy die die eerste plek in haar ouderdomsgroep verower het en ook die elfde vroue-atleet oor die wenstreep was.

Die volgende wedloop in Worcester het sy ‘n tweede plek verower (ouderdomsgroep) met nóg ‘n elfde plek in die vroue-afdeling in ‘n skitterende tyd van 1h21min.

Stoumann is tans besig met ernstige voorbereidings vir die Double Century en die Jailbreak in Desember. “Die seisoen is aan die gang en ek is sterk en het hard geoefen gedurende die winter,” het Stoumann gesê.

”Die kompetisie is gewoonlik baie sterk in my groep, maar ek dink ek gaan hulle ‘n ding of twee wys hierdie seisoen.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za