Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kind in straat beroof

Kind in straat beroof
 
2007-11-22


ONS woon al vir tien jaar in die Paarl en dit is steeds ’n voorreg! Maar oor die afgelope jare het ons ’n dramatiese agteruitgang van ons paaie in die dorp en nou ook die middedorp beleef.

Op Saterdagmiddag 10 November is ons elfjarige seun en sy maat van hul beursies en selfoon beroof – in die openbaar naby die fliek!

Gelukkig is hulle geen leed aangedoen nie en kan ons dit afskryf as ’n waardevolle les. Hulle het niks verkeerd gedoen nie, maar is bloot voorgekeer binne 50m van die fliek en beroof!

Iemand moes dit gesien het, maar niemand doen iets gedoen nie.

Terwyl my vrou die polisie gebel het en ek rondgery het om die twee jong ‘misdadigers’ te soek, het my vrou die polisie gevra om my te kontak sodat hulle ’n beskrywing van die misdadigers kon kry – die betrokke inspekteur is seker besig met baie belangriker dinge, want tyd was daar nie om my te bel nie.

So watse les het die seuns geleer ?

Die kontakte in die buiteland raak immers al hoe meer en sal dit al hoe makliker raak om ’n toekoms in ’n ander land te gaan soek waar die ‘veiligheidsgrasse’ groener is.

Dankie tog aan betrokke sakemanne wat bereid is om inisiatief te neem en die plein rondom die Toringkerk op te gradeer – hopelik lok dit entrepreneurs wat volgens eerstewêreldse stan­­­daarde dienste en goedere wil bedryf.

Pieter Viljoen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za