DIE jaarlikse kersaansteekfunksie van Compassionate Friends vind Saterdag om 15:30 plaas by die Imatu-kompleks van die Drakenstein Munisipaliteit langs die parkeerterrein van die munisipale kantore.
’n Bring-en-braai sal plaasvind, waarna die kerse, in simboliese herinnering van afgestorwe kinders en ander geliefdes, aangesteek sal word.
Mense wat dit wil bywoon is baie welkom en word dan versoek om hul eie eetgoed, drinkgoed en eetgerei saam te bring, asook ’n kers.
Bespreek teen Vrydag by Carel en Rita Greyling by 021-872-3613 of 083-228-1162.
The Compassionate Friends is ’n internasionale organisasie wat 35 jaar gelede in Amerika gestig is en wat hoofsaaklik ten doel het om ouers en gesinslede te ondersteun na die verlies van ’n kind.
Indien daar lesers is wat ondersteuning wil bied kan hulle dit doen deur inbetaling in die bankrekening van Compassionate Friends, Paarl Chapter, Eerste Nasionale Bank rekeningnommer 6211-976-8656.