Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipale aanstellings

Munisipale aanstellings
 
2007-11-22


DIE onlangse aanstelling van 20 persone by die Drakenstein Munisipalitieit vir ’n periode van ses maande (en soos wat die gebruik geword het - dan onbepaald verleng word) sonder dat onderhoude gevoer is, sonder dat kortlyste opgestel is en sonder dat die sogenaamde “score sheet” met onderhoude ingevul word, kom as geen verrassing vir die DA nie.

Dit is immers hierdie tipe wanbestuur en arbeidspraktyke wat die DA op aanbeveling van ’n onafhanklike deskundige genoop het om te laat ondersoek en waarvoor ’n volgende onafhanklike deskundige op die gebied van munisipale bestuur inderdaad onder die DA-koalisie se bewind aangestel is.

Dit moet seker vir die huidige ANC-bewind ’n verleentheid wees dat die einste amptenare waarvan die ANC die ondersoeke en aanklagtes teen hulle gestaak en teruggetrek het, nou skaars ’n maand later die hand wat hul voed, byt en sulke twak aanvang.

Hopelik sal die publiek nou besef met watter bestuur en leierskap in die “Grys Paleis” Drakentein mee opgeskeep sit.

Burgemeester Manuel, doen iets daadwerkliks, sekere amptenare draf kringe om jou en maak jou naam krater.

Deetlefs du Toit (DA raadslid)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za