Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pearl's Gate kook

Pearl's Gate kook
 
2007-11-22


DIT kook in die “Pearl’s Gate” Mini-Wynstreek in die Paarl.

Sewe wynkelders van die Paarl het verlede Sondag hulle tweede jaarlikse ­Vatwynproefees op die Nelson Wynlandgoed in Agter-Paarl gehou.

Lieflike weer, uitstekende wyne, heerlike kos en lekker musiek het gesorg vir ’n genotvolle uitstappie vir die meer as 800 wynliefhebbers wat die fees bygewoon het.

Die sewe wynkelders is almal in Windmeul, aan die koel Atlantiese oseaan kant van die Paarlberg geleë.

Hierdie mini-substreek van Paarl Vintners het onlangs baie goed gevaar in plaaslike en internasionale wynkompetisies en die kelders in die streek het besluit om kragte saam te snoer ten einde die prestasies van hulle streek aan die publiek bekend te maak en om meer besoekers na die area te lok.

Met hierdie doel voor oë gaan twee van die kelders weer eerskomende Saterdag heerlike vermaak vir besoekers aan hierdie area aanbied.

Feestelikhede begin reeds vroeg­­­oggend by Nelson Wynlandgoed met hulle gereelde Saterdagoggend Plaasmark.

Die mark word teenaan ’n klein riviertjie onder skaduryke bome op die wynlandgoed gehou en bied aan gesinne `n perfekte geleentheid om heerlik op die plaas te ontspan.

Soos altyd sal daar baie plaasprodukte wees, insluitend olywe, biltong, kaas, plaasbrood,konfyt, biltong, beskuit, koek, plaasontbyt, tapvatwyn, spitbraai en pret vir groot en klein met quadfietse, perdekar, ponie- en trekkerritte.

Daarbenewens gaan die kosskrywer Lise Beyers, saam met advokate Roelof van Riet en Louis Olivier, tydens hierdie Saterdag se plaasmark aan besoekers demonstreer hoe om tarentale op die tradisionele wyse voor te berei.

Na ’n heerlike spit- of tarentaal-ete by die Creekside Kafee op Nelson Wynlandgoed verskuif die gesellighede na die Crow’s Nest wynplaas van Marcel en Diedré de Reuck waar die briljante Rupert Mellor Orkes vanaf 16:00 tot 21:00 gaan optree.

Die Rupert Mellor Orkes bestaan uit Rupert Mellor en Richard Black, beide lede van die eertydse McCully’s Worshop, Gerry Barnard van Late Final en Dave Ellis van die Peanut Butter Conspiracy.

Toegang tot die plaasmark is gratis, terwyl bywoning van die musiekaand op Crows Nest R90 per persoon kos.

Vir navrae skakel Tharine op 021-869-8453.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za