Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl, Paarl-Oos eindig gelykop

Paarl, Paarl-Oos eindig gelykop
 
2007-11-22


DIE eerste spanne van Paarl en GMT Paarl­Oos Krieketklubs het die afgelope naweek gelykop geëindig tydens hul kragmeting by die New Orleans-velde.

Paarl het eerste stelling voor die penne ingeneem en in hulle toegelate 60 beurte 217 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken.

Carlo Krotz (91, 8x4) en Elrick Jansen (52, 5x4) het die langsteel vir Paarl ingelę.

Paarl-Oos se opwindende, jong Jade Adams (2/26) en Waylon September (3/59) hul teenstanders se lopietempo beperk het.

Paarl-Oos se kolfbeurt het redelik goed begin, maar hulle het gesukkel om hul paaltjies te behou.

Bruce Miller (69, 8x4) en Jackie Daniels (42, 6x4) het standvastige beurte gespeel, maar dit was egter nie genoeg om ’n oorwinning te verseker nie.

Alfredo Adams (4/28), Clint Philander (2/24) en Hillroy Paulse (2/48) het Paarl-­­­­­Oos met goeie boulwerk tot 205/9 beperk.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za