Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos klop Wellington

Paarl-Oos klop Wellington
 
2007-11-22


DIE eerste span van GMT Paarl-Oos Krieketklub het die afgelope naweek tydens ’n tuiswedstryd Wellington se onoorwonne rekord hierdie seisoen tot ’n einde gebring.

Die Paarliete het met ’n goeie kolf- en boulvertoning hul teenstanders ore aangesit om die wedstryd uiteindelik met 62 lopies te wen.

Alhoewel die Wellingtonners uitstekend gevaar het om die vloei van lopies in te kort, kon hulle egter nie daarin slaag om die nodige paaltjies daarby saam in te palm nie.

Die 134-lopie vennootskap tussen Bruce Miller (111*, 10x4 en 1x6) en Waylon September (46, 8x4 en 1x6) om die vierdie paaltjie was goud werd vir die tuisspan.

Paarl-Oos het in hul toegelate 60 beurte 214/4 aangeteken.

Die Wellingtonners se kolfbeurt het maar wankelrig begin met drie kolwers wat in die eerste drie beurte gesneuwel het.

Ten spyte van ‘n pragbeurt deur Wellington se kaptein, Chris Schreuder (82*, 5x4 en 2x6), kon die besoekers slegs daarin slaag om 152 lopies aan te teken voordat almal uitgeboul is.

Waylon September (4/39) en Clayton Blommetjies (3/28) was die gevaarmanne vir Paarl-Oos.

Die kragmeting tussen die tweede spanne het die senuwees tot in die laaste boulbeurt op hol gejaag.

Wellington II het eerste stelling voor die penne ingeneem en in hul 60 beurte 249/6 aangeteken.

Wilton van Neel (2/56) en Wayne Minnies (2/35) was die uitblinkers met die bal vir Paarl-Oos.

Die Paarliete se kolfbeurt het redelik bestendig begin, maar hulle het paaltjies teen ’n gevaarlike tempo verloor wat hulle amper in die knyp gehad het.

’n Reusetelling deur Randall George (111, 15x4) het Paarl-Oos terug in die wedstryd gebring.

Die Paarliete het uiteindelik die wenlopies in die laaste beurt geslaan met twee balle oor.

Paarl-Oos II wen die wedstryd met een paaltjie.

* GMT Paarl-Oos I en II speel Saterdag ’n wegwedstryd teen Vredendal/Saldanha tydens die eerste kragmeting van die 45-beurt kompetisie.

Paarl-Oos III speel weg teen Paarl III by die Parys-velde. Hierdie klub bied 1 Desember ‘n braaivleis-ete aan by die klubhuis vanaf 14:00. Kaartjies is R25. Verder bied hulle 8 Desember ook ’n karaoke by die klubhuis aan. Toegang is R5.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za