LEDE uit drie van die land se beroemdste rockgroepe uit die 1970’s gaan Saterdagaand die Agter-Paarl behoorlik aan die brand speel.
Dit sal by ’n feestelikheid met sonsondergang wees op die Crow’s Nest Wynlandgoed wat langs die R44.
Op-en-wakker musiek sal vanaf 16:00 tot 20:30 verskaf word deur die gewilde Rupert Mellor Band, terwyl die wyne, kaasborde en spitbraai gekoop kan word.
Rupert Mellor en lede van sy orkes het in die jare sewentig onderskeidelik vir McCullys’s Workshop, Peanut Butter Conspiracy en Late Final opgetree.
Toegang is R90 per persoon (wynglas ingesluit).
Volgens die organiseerder, Marcel de Reuck, moet mense nie vergeet om hul komberse saam te bring nie.
Vir verdere besonderhede, skakel 021-869-8721.