Oud-Larrie skitter as fliekmaker
2007-11-29
'n OUD-LEERLING van La Rochelle, Miki Redelinghuys, se aansien as rolprentvervaardiger groei. Sy is genooi na die premiere van haar dokumentęre rolprent “Keiskamma - A Story of Love” in Montreal, Kanada, en Amsterdam, Nederland. Dit is onlangs vertoon by die Encounters Dokumentręre Rolprentfees in Kaapstad en Johannesburg. Die rolprent handel oor die opofferings van die mense van die dorpie Hamburg in die Oos-Kaap wat hul ontferm oor Vigslyers. Een van die hoofpersoonlikhede in die rolprent is die afgetrede geneesheer dr Carol Hofmeyr, wat onlangs by die SA Vrou van die Jaar toekennings vereer is. Miki was dux-leerling van La Rochelle voordat sy B.A. Drama cum laude aan Stellenbosch behaal het. Tans word haar reeks oor Distrik Ses, “O’se Distrik Ses” met Taliep Pietersen as aanbieder, op Kyknet uitgesaai. Haar filmmaatskappy Plexus was verantwoordelik vir die direksie en produksie en kamerawerk.
More
News
|