Voëls vir Afrika
2005-06-15
DIE Wes-Kaap Pluimveeklub bied vanjaar sy 111de Klubskou van môre (14:00) tot Saterdag (12:00) te Kleinplasie, Worcester aan.
‘n Totaal van 1732 inskrywings is gemaak en altesaam 1800 hoenders en swemvoëls kan besigtig word. Daar sal 30 groot hoenderrasse, 36 Bantamrasse en 13 soorte swemvoëls meeding. Ses kalkoene is ook ingeskryf.
Vertoners kom van so ver as Kaapstad, Durbanville, Kraaifontein, Paarl, Franschhoek, Rawsonville, Caledon, Villiersdorp, Gansbaai, Napier, Swellendam, Riviersonderend, Protem, Oudtshoorn, Sedgefield en George.
Toegang is gratis en deure sluit om 18:00.
More
News
|