Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Maak draai by Breytenbach-sentrum

Maak draai by Breytenbach-sentrum
 
2007-11-29


VIR ’n stewige dosis visuele kuns en kultuur, maak gedurende die vakansietyd ’n draai by die Breytenbach-sentrum waar twee uiteenlopende kunsuitstallings nog tot middel-Desember te sien sal wees.

Die werk van vyf jong Stellenbossers is te sien in “1000 woorde”, en sluit onder meer figure van dierebeendere en abstrakte landskapskuns in.

Die kunstenaars wat aan hierdie uitstalling deelneem, is Carel de Beer, Annette Badenhorst, Frandi Wiid, Janko de Beer en John House.

Die gemengde medium mosaïekuitstalling van Desireé Malan is ook tot middel-

Desember te sien by die sentrum. Sy stal uit saam met Lelanie Ströhwalt, Helmine van der Mescht en Estelle Atterbury.

Die mosaïekwerk sluit onder meer funk­sio­nele items soos spieëls, kruise en indrukwekkende kershouers in.

Hierdie uitstallings is twee van talle soortgelykes wat reeds suksesvol in die eerste jaar van die sentrum se bestaan gehuisves is.

Volgens Lelanie Ströhwalt van die Sentrum was veral die onlangse foto-uitstalling van die Anglo-Boereoorlog besonder gewild.

Heelwat planne is reeds in die pyplyn vir volgende jaar, insluitend ’n uitstalling van skilderye en handwerk deur die ACVV Dienssentrum in Januarie en ’n groepuitstalling in Februarie.

Zak Benjamin, ’n kunstenaar wat aan Parkinson se Siekte ly, sal in Maart sy kuns na die Sentrum bring.

Intussen is geadverteer vir die pos van ’n bestuurder vir die sentrum, wat onder meer verantwoordelik sal wees vir die samestelling en beplanning van aktiwiteite en projekte, asook fondswerwing.

Die sentrum sluit op 14 Desember vir die vakansieseisoen en open weer op7 Januarie




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za