Kalender
2007-11-29
Christmas carols. Doolhof Wine Estate presents Christmas Carols by Starlight on Friday 7 December, with a three piece band consisting of Peter Narun on guitar, Matthew Reid on sax and Lisa Bauer on vocals. Gates open at 18:00, and everyone is invited to take a stroll along one of the vineyard walks. Bring a picnic basket to enjoy in the paddocks next to the river. Call 021-872-7759.
Gospel konsert. Charles Morrie en sy vrou Diane is terug in die Paarl na vyftien jaar vir ’n konsert in die Strauss- saal op Sondag 16 Desember om 19:00. Op die voorprogram is die sanggroep “Born Again” en dansgroep Yaddah. Kersvader sal ook besoek aflê en CD’s en kassette van die Morries sal te koop wees.
Violis. Die veelbekroonde Suid-Afrikaanse violis, Zoë Beyers, sal môre in haar geboortedorp, Stellenbosch, optree in die Huberte Rupertgedenkkonsert. Doen besprekings deur Computicket.
Kersmark. Die Boland Kelder hou ’n Kersmark môre van 10:00 tot 17:00 en Saterdag 09:00 tot 14:00. Skakel Anneen du Toit by 021-862.
Festive season. Simonsvlei presents cellar door festive season activities from this Saturday until 31 December. There will be free wine tasting, food and wine (also a menu for kids) with fun and entertainment for the whole family, including a jumping castle and play area for the children every day. There will also be live music and themed foods on Wednesday and Saturday evenings in a Bedouin tent to celebrate Simonsvlei’ partnership with Castel Frere in Bordeaux.
Motorvertoning. Ter herdenking van Internasionale Vigsdag, sal Toys R Us Karklub te Wellington op 1 Desember by St Albans Primêre Skool ’n motorvertoning aanbied. Toegang is R10 (R5 kinders). Skakel Jonathan by 076-168-3469 vir navrae.
Champagne Festival. Enjoy Zamar and friends at Franschhoek Vineyards on 1 December from 19:00 to 21:00 during the champagne classic festival for a great evening of outstanding performance. These vibrant, young musicians from Stellenbosch have been working together for the past four years. Tickets are R80. Call 021-876-2086.
Wêreld Vigsdag. Die Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch bied op 1 Desember hul derde jaarlikse gala-konsert ter viering van Wêreldvigsdag by die Kunstekaap-operahuis aan. Die geleentheid is ’n feestelike herdenking van die uitstekende voorkomings- en bestuurswerk wat op die gebied van MIV en Vigs gedoen word. Skakel Prof Jan du Toit, direkteur van die Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur by 021-808-3004 of 083-626-3082 of Prof Jimmie Earl Perry, direkteur van opvoedkundige teater en skeppende kunste van die Afrika-instituut vir MIV/vigsbestuur by 021-808-3707 of 082-493-6052.
Heemkring byeen. Die Drakenstein Heemkring hou sy jaarvergadering Dinsdag 4 Desember om 09:00 by De Oude Woning, Hoofstraat 214, Paarl. Toegang is gratis. ’n Vertoning van skyfies oor Suid-Amerika en Patagonië sal aangebied word. Verversings word bedien.
Kersfeesparty. Die organisasie Valley Chefs en Charity -crew van die Paarl hou op 5 Desember hul jaarlikse Kersfeesparty vir minderbevoorregte kinders in die streek. Skenkings in enige vorm soos lekkers, chips, koeldrank is welkom. Vir navrae, skakel André Lingsen by 073-389-1522 of Tanya Williams by 083-718-2567.
Mondig. Die een-plus-een klub vir enkel persone sluit hul 21ste bestaansjaar af met ’n dinee by De Oude Renbaan op Vrydag 7 Desember om 20:00. Kaartjies is R55. Skakel Annetjie by 076-673-3805.
Local charity. From 11 to 24 December and for a donation of R2 per gift you can have one of the staff members of Shoprite and Checkers wrap your Christmas gifts to family and friends. Your donation will go towards a local charity to provide others with a better festive season.
Mosaïekkuns. ’n Uitstalling van mosaïekkuns deur Desireé Malan en vriendinne is by die Breytenbach-sentrum, Wellington,te sien tot 14 Desember. Die uitstalling is daagliks oop op weeksdae.
More
News
|