Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


De Jongh in Stormers oefengroep

De Jongh in Stormers oefengroep
 
2007-11-29

Jacques Rossouw

DIE plaaslike rugbyspeler Juan de Jongh (19) is onlangs by ’n voorlopige groep van die Vodacom Stormers ingesluit wat eersdaags ’n oefenkamp in George gaan bywoon.

Hierdie groep is byeengeroep met die oog op voorbereiding vir die 2008 Super 14-reeks.

De Jongh het vroeër vanjaar vir die Westelike Provinsie se suksesvolle o.19-span uitgedraf terwyl hy ook as deel van die Opkomende SA Sewesspan aan ’n toernooi in Kenia deelgeneem het.

Hierdie oud-leerder van Hoërskool Hugenote is verder ook by die SA o.20’s opgeneem wat tans besig is met ’n oefenkamp in Saldanha.

De Jongh is ’n lewendige buite-senter wat nie net vinnig van die merkie af is nie, maar ook redelik sterk vertoon op die verdediging.

Alhoewel hy verkies om diens in die middeveld te lewer, kan hy ook ewe effektief op heelagter en vleuel aangewend word.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za