DIE prys- en lofsanggroep van die VGK Wellington (Dorp) bied Sondag om 18:00 ’n sang- en musiekuitvoering in die kerk in Mellingstraat, Wellington, aan.
Voorsang begin reeds om 17:50. Die Tema is Praises From Manger to Cross. ’n Kollekte van R10 sal by die deur opgeneem word.
Op Sondag 9 Desember om 18:00 word hul jaarlikse Kersspel aangebied deur die lidmate.
Die oudste akteur is 70 jaar en die jongste drie jaar.
Vir meer besonderhede, skakel Janette Smith by 021-873-5326 of Lea Adams by 082-959-1869.