DIE belowende jong loskopstut van die Paarl, Janro van Niekerk (25), is onlangs aangewys as die Boland Rygby-unie se Speler van die Jaar.
Van Niekerk, ’n oud-leerder van die Hoër Jongenskool Paarl, het gedurende die afgelope Curriebeker-seisoen sy teenwoordigheid laat geld nadat hy verskeie van Suid-Afrika se voorste skrummers opdraande gegee het.
So is Van Niekerk deur die nuwe afrigter van die Westelike Provinsie/Stormers, Rassie Erasmus, uitgenooi om ’n oefenkamp by te woon ter voorbereiding van die Super 14-reeks volgende jaar.
”Ek beskou die toekenning as ’n groot prestasie en ’n eer.
“Ek het dit regtig nie verwag nie, maar dit was nogtans ’n groot verrassing vir my,” het Van Niekerk gesę.
”Ek is ook baie opgewonde om deel te wees van die Stormers se oefengroep.
”As jy vooruit wil gaan in rugby is dit voordelig om deel te wees van ’n groter unie en ek is dankbaar vir die geleentheid. Nou moet ek net my kanse reg benut.”
Janro het bevestig dat hy net vir die Super 14 by die Stormers gaan wees, maar dat hy vir die 2008 Curriebeker-kompetisie weer vir die Kavaliers beskikbaar sal wees.