EK as 地 baie hartseer diereliefhebber rig hierdie brief aan die mense wat sonder om te blik of te bloos ander mense se geliefde troeteldiere net vat of steel, hetsy uit hulle erf of waar hulle net naby hulle huise stap.
In die meeste gevalle is dit so duidelik soos daglig dat dit goedversorgde diere is en veral katte loop mos maar 地 biejie rond.
Dink hierdie mense ooit aan die hartseer en verdriet wat hulle gesinne aandoen?
Mens en dier treur en in baie gevalle is dit ouerige diere wat nie eens vir teeldoeleiendes gebruik kan word nie. Daar is so baie weggooidiere by die DBV痴 wat huise soek. Waarom dan ons diere vat? Mag julle gewete julle eendag haal!
As地 baie ontstelde kateienaar van Ranzadale, Wellington, vra ek net, gee asseblief my kat terug. Sy is 地 semi-langhaar tortoise shell kat met wit bors en pote. Dalk kry jy nog 地 beloning ook (tel 082-978-6883).
Doret Visser