Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pak jou kaste uit vir Hospice

Pak jou kaste uit vir Hospice
 
2007-11-29


"ONS kliënte soek veral breekware.”

So gesels vrywillige werker Kelly van Rooyen oor die behoeftes van Wellington se Hospice winkel, waar tweedehandse artikels, speelgoed, klere en boeke teen billike pryse aangebied word om die werk van die Drakenstein Hospice te ondersteun.

Die Hospice-winkel in Malherbestraat is sedert middel-September weer oop.

“Ons verkoop hier enigiets, van ’n spyker tot ’n yskas,” glimlag die 74-jarige vrywilliger, wat tydelik agter die stuur van sake staan totdat ’n voltydse bestuurder na verwagting vroeg volgende jaar aangestel kan word.

Sy het mense wat gedurende die vakansietyd hul kaste en motorhuise wil regpak en van oortollige items soos boeke, klere en meubelstukke ontslae wil raak, uitgenooi om dit aan die Hospice-winkel te skenk.

“Kom enige tyd hier aan daarmee,” nooi sy.

Skenkings van koppies, borde en messegoed is veral in aanvraag.

“Ons kliënte, wat onder meer pensioentrekkers en mense wat op ongeskiktheidspensioene leef insluit, het regtig veral ’n groot behoefte aan breekware,” vertel sy, “en dit hoef glad nie deel van ’n volledige stel te wees nie.”

Benewens kledingstukke, wat netjies gehang in die verskillende kamers van die winkel uitgestal word, word een kamer ook aan boeke gewy. Boeke kan teen van 50 sent tot R5 gekoop word.

“Ons gee alle Bybels wat aan ons geskenk word, weer gratis weg,” vertel Kelly.

Die winkel is van 09:00 tot 16:00 oop.

Kontak die Wellington Hospice-winkel by 021-873-6769.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za