Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat gaan hier aan?

Wat gaan hier aan?
 
2007-11-29


DIE huidige Polisie Opleidingsentrum-inname is vir ons ’n absolute mosie van wantroue in ons polisiepersoneel weens die feit dat hulle eerstens duidelik nie hulle drankwet ken nie.

As vredesbeamptes in die SAPD is ieder en elk veronderstel om op hoogte te wees van die minimum drankwetregulasies.

Daagliks kry ons by Crown Bar versoeke vanaf hierdie beamptes, wat behels tot offisiere, om na ure verseëlde drank oor die kroegtoonbank aan hulle te verkoop.

Weier jy dit word jou naam by die Opleidingsentrum beswadder en word nuwe kursusgangers gewaarsku om nie na die Crown Pub & Grill te gaan nie.

Die volgende opsie wat gevolg word, is as volg: Drank word bestel in ’n groep en plasing word by die interne tafels geneem.

Die oomblik as die aandag van die kroegbeampte elders is, word die drank by die deur uit gesmokkel op ’n slinkse manier. Dit is diefstal, want die bottels het inruilwaar deen dit word ingehandig vir vergoeding.

Dit is vir ons absoluut onaanvaarbaar en ons sal genoodsaak word om elkeen te visenteer.

Dit is ’n skreiende skande dat ons regsverteenwoordigers hul­le skuldig maak aan sulke misdrywe en boonop is dit sigbaar vir die normale publiek wat ons besoek. Om die waarheid te sê, die publiek het ons kroegbeampte daarop attent gemaak.

As oudpolisieman is hierdie situasie vir my onaanvaarbaar.

Tjol Herbst

Senior supt J Miller, bevelvoerder van die Paarl Polisiekollege, reageer: Dankie dat die aangeleentheid onder ons aandag gebring is. Dit geniet ons onverwylde aandag.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za