Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Probleme met water in Uitsig duur voort

Probleme met water in Uitsig duur voort
 
2007-11-29


VOLGENS nuusberigte gaan die sogenaamde kragonderbrekings (‘load shedding’) vir die volgende vyf tot sewe jaar in Suid-Afrika toegepas word totdat Escom weer in die vraag na elektrisiteit kan voorsien.

Dis nou as hulle ooit die agterstand gaan inhaal.

Sonder om die vrae te vra aan Escom oor wat het van die aanvanklike bout geword, die R1 mil­joen wat Escom se hoof verdien per maand en die penarie waarin hul elke individu in Suid-Afrika gelaat het, wil ek verneem van Drakenstein Munisipaliteit wat hul aksies is ten opsigte van watervoorsiening in Uitsig, Wellington.

Dit is reeds met die eerste probleme van kragvoorsiening aan Drakenstein Munisipaliteit uitgewys dat die reservoir in Uitsig binne 15 minute na ’n kragonderbreking leeg geloop het.

Die pompe wat water na die toring pomp gebruik immers elektrisiteit. Daar is aangedui hul beplan om die reservoir te vergroot en kyk na kragopwekkers vir die pompe, maar is daar begroot daarvoor?

Wanneer kan ons die regstelling hiervan verwag, of sal dit ook eers oor sewe jaar geskied?

Basiese water en elektrisiteit is een van die regte waarop elke Suid-Afrikaner kan aandring, veral as jy daarvoor betaal, maar gereeld sit ons sonder water as die krag af is.

Uitsig inwoner

Die munisipale woordvoerder, Anthony Sauls, reageer: Die nuwe drie Megaliter Blouvlei Reservoir met gepaardgaande nuwe pompstasie en pyplyne in Wellington is reeds in ’n gevorderde stadium van konstruksie.

Dit behoort gedurende Februarie in gebruik geneem te word, waarna die bestaande Uitsig watertoring en Uitsig aanjaerpompstasie heeltemal uitgeskakel sal word.

’n Bystand-kragopwekker vir die nuwe pompstasie is ingesluit by die projek, en sal die nuwe pompstasie kan bedien sodra laasgenoemde in gebruik geneem is.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za