Mallies le Roux sing by Klein Boishaai
2005-06-15
DIE Paarl se eie Mallies le Roux met sy unieke liedjies en stories, tree selde op, maar het hom beskikbaar gestel vir ‘n geldinsamelingskonsert vir Klein Boishaai Woensdag.
Hy is bekend vir onder meer die trefferliedjies “Boere Yuppie”, wat goedig spot met die yuppies van Tygervallei asook “Dis my Kwęla vir Mandela”, en vir sy humoristiese stories wat mense dae later nog laat giggel.
‘n Handvol nuwe liedjies uit Mallies se pen en kitaar wat draak steek met onder meer die vrees vir vlieg, die “blues” van Suid-Afrikaanse selfopgelegde bannelinge in Nieu-Zeeland, tot ‘n roerende huldeblyk aan Tolla van der Merwe, sal dié aand gehoor word.
Die liedjies maak almal deel uit van sy nuutste CD, Radio Skoonveld, en sal met sy optrede-aand beskikbaar wees. Luister jy daarna by die huis is dit klaar ‘n ervaring, maar dis by ‘n lewende vertoning dat jy die voordeel van sy stories, musiek en energie kan ervaar.
Skakel Waldo Cloete vir kaartjies by 872-4651 of 082-777-7215.
More
News
|