Meisie herstel goed
2005-06-15
DIE agtjarige leerder van Bergendal Primêr wat onlangs voor die skool in Agter-Paarl omgery is, herstel goed.
Yvonica Hectoor (8), wat opgeneem is in die Rooi Kruis Hospitaal met verskeie beserings waaronder skedelbreuk en ‘n gebreekte regterbeen, is op 8 Junie ontslaan.
Kruk
Sy vorder goed, maar ontvang fisioterapeutiese behandeling en sal nog vir geruime tyd met ‘n kruk oor die weg moet kom.
Volgens ‘n woord- voerder van die munisipale verkeersdepartement word onderhandel met die provinsiale padingenieur om spoedvermindertekens en ‘n voetoorgang by die skool aan te bring.
More
News
|