Vyf oor naweek vermoor
2005-06-15
TWEE mans het in die vroeë oggendure Saterdag tydens ’n dobbelspel in Franschhoek gesterf.
Een van die slagoffers het sewe koeëlwonde in sy liggaam, terwyl sy vriend aan twee messteke gesterf het.
Die mans was besig om saam met die twee beskuldigdes, almal vriende in hul twintigs, te drink en ’n dobbelspel te speel in die Langrug plakkerskamp toe hulle begin stry het.
Die verdagtes het met R30 probeer vlug.
* Nog drie mans is die naweek in Drakenstein vermoor. Isaacs Ntanga (26) van Smartietown is in die vroeë oggendure Sondag noodlottig in die bors en arms gesteek.
Kort daarna moes die lykswa weer na Smartietown nadat ’n inwoner Khayalethu Mehlomakhulu aan steekwonde gesterf het.
In ’n moord by Wellington is ’n plaaswerker Saterdag na bewering deur ’n vriend met ’n mes doodgesteek.
Adriaan Manelfi (20) van Modestoplaas het gesterf tydens ’n argument met ’n medewerker.
Dié 17-jarige is in hegtenis geneem en het reeds in die landdroshof verskyn op aanklag van moord.
* ’n Jong man is Sondagaand in ’n skietvoorval in Paarl-Oos ernstig in die maag gewond.
Die 21-jarige (sy naam word om veiligheidsredes verswyg) is om 21:00 deur bendelede by Springbokwoonstelle in die sy geskiet. Die koeël is deur sy maag. Speur-insp Barry Noble (807-4000) ondersoek die saak en sal inligting anoniem hanteer.
* Five men have been killed in the Paarl area.
More
News
|