Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sę jy sowaar ek is dik?

Sę jy sowaar ek is dik?
 
2007-12-06


DIE ou gesegde lui dat die waarheid die reinste is uit die mond van die suigeling.

In die kabaret, Sę jy ek is dik? word die gesegde tot sy uiterste getoets by die Ou Meul-teater môre om 20:00.

Nie net is die waarheid wat aangespreek word ’n gevoelige een nie, maar die vier kunstenaars betrokke is ook baie jonk.

Sę jy ek’s dik is ’n snit uit die lewens van Amanda en Susan, twee oorgewig (kom ons sę maar vet) dames. Hulle vertel met krummels om die mond van hul daaglikse stuwelinge met hul ‘gewigsvoordeel’.

Hier ruk hul alles uit van ooreet tot die dieet. Hul dans met passie en sing met oorgawe tot die vet vrou die fan strike.

Hierdie teks deur Marteni Burger konfronteer die gehoor met die ware vet pret.

Die karakters word vertolk deur Yolande Rabe en Marika Reinke, met begeleiding deur Lukas Heinen.

Kaartjies is R60. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za