Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


DNA Strings by konsert

DNA Strings by konsert
 
2007-12-06


DIE Oude Libertas-somer­pro­gram is propvol met alles wat dié seisoen die heerlikste tyd van die jaar maak. Daar’s ou vriende, besoekers uit verre lande, stories, blinkgoed, musiek vir alle smake en natuurlik smullekker eetgoed.

Kortom, met dié program is daar g’n aand waarop enigeen verveeld tuis of in ’n hotel hoef te sit nie.

Die a cappella-groep Navi Redd spog vanaand, môre en Saterdagaand met ’n splinternuwe produksie, terwyl die immergewilde DNA Strings die gehoor op 15 Desember op ’n wêreldreis neem met Salsa Celtica. Hulle is ook deel van ’n besondere ko-produksie tussen Oude Libertas en Kaapstad-opera.

Zanne Stapelberg, Gloria Bosman, die Cape Town Opera Voice of the Nation-koor, DNA Strings, Janine Neethling (klavier en akkordeon) en James Grace (klassieke kitaar) bied op 13, 14 en 16 Desember, Divas on a String aan, ’n program van verwerkings deur Neethling van Spaanse en Suid­­­­Afri­kaanse en klassieke musiek.

Dié produksie is toegespits op die samesmelting van verskillende musiekstyle tot iets heeltemal nuuts en vars, sonder om die integriteit van die oorspronklike musiek in te boet.

Louise Carver en Flat Stanley wy die skemerkonsert-reeks Sondag in. Kom luister na hul treffers sowel as ’n paar verrassende nuutskeppings op die opelugverhoog.

Oude Libertas het ook ’n oplossing vir die ouers wat moedeloos gedink is aan maniere om die kleingoed besig te hou.

Elke Saterdagoggend om 10:00 is daar kinderteater soos Sonde met die Spoke, Raponsie, Mienkie en die Bosdwerg, Prinses Kyala en die Kersfeesdief, Jan en die Boontjierank en Rooikappie en die Wolf. Bekende akteurs soos Nicole Holm, Martelize Kolver en Altan Ungerer sal die kinders vermaak.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die Oude Libertas-kaartjieskantoor. Skakel 021-809-7473 of 021-809-7380 vir meer inligting.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za