Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsert en koek maak harte bly

Konsert en koek maak harte bly
 
2007-12-06


DIS ’n jaarlikse instelling, die konsert en koek by Sunfield tehuis vir volwasse gestremdes buite Wellington.

En vanjaar was geen uitsondering nie.

Verlede Donderdagoggend was gemeentelede van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Berg-en-Dal weer daar.

Vooraf is met Magda Viviers gereël en is die gemeentelede verras met ’n pragtige Kersopvoering deur die inwoners van die huis.

“Elkeen het sy deel so goed gedoen, die voorstelling van Jesus in die krip, wyse manne en herders asook kostuums en sang het ons net weer laat besef hoeveel aandag en tyd aan die inwoners van Sunfield bestee word.

“Waarlik personeel wat omgee,” sę Hilda van Tonder, APK vroueaksie-voorsitter.

Kerspakkies is na die konsert uitgedeel. Die koek is vir die tee gehou, sodat dit nie die middagete bederf nie.

“Watter voorreg om dit vir hulle te kon doen. Al die dankies, drukkies en liefde maak dit alles die moeite werd.”




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za