DIE lyk van ’n man is Saterdagoggend met ’n enkele steekwond in Borssenburgstraat in die Daljosafat industriële gebied gevind.
Neville Williams het in die vroeë oggendsure van Saterdag hier saam met vriende by Charlie’s kuierplek gekuier.
Toe hulle later die aand die kroeg verlaat, het Williams en sy vriende buite die kroeg gewag op nog ’n vriend om vir hulle ‘n geleentheid huis toe te gee.
Williams het egter kort hierna ongeduldig geraak, sy vriende verlaat en in die rigting van Jan van Riebeeckrylaan gestap.
Hy is nooit weer lewend gesien nie.
Sy liggaam is later naby die Charlie’s gevind, maar om onverklaarbare redes is sy bril en sandale heelwat verder vanaf die moordtoneel gevind.
Niemand is tans in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Enigiemand met inligting kan vir insp Elton Abrahams skakel by 021-807-7918.
Alle inligting sal vertroulik behandel word.
* A man was found murdered near a pub in the Dal Josaphat industrial-area.