Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nedine in die Paarl

Nedine in die Paarl
 
2007-12-06


SATERDAGAAND om 20:00 tree Nedine Blom op by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Met die eerste oogopslag besef ’n mens dat Nedine Blom nie ’n tradisionele musikant is nie. Haar musiekstyl getuig van eenvoud, teerheid en passie. ’n Vurige rooikop met ’n lewenslus wat vir niks skrik nie.

As gekwalifiseerde prokureur verkies Nedine Blom om sangopleiding te ontvang en met ’n sangloopbaan voort te gaan. Haar musiek bevat ’n poëtiese lirieke en verleen ’n besondere kleur aan Afrikaanse musiek in die algemeen.

As sopraan het Nedine Blom gehore die afgelope tyd in vervoering gehad met haar soet stem en innige vertolkings van klassieke treffers.

Sy het die al die verhoog gedeel met van ons land se voorste kunstenaars soos Jannie Moolman, Sibongile Ngoma en selfs die rol van Christine in Phantom of the Opera gesing teenoor André Schwartz.

Kaartjies is R60.

Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056 vir besprekings.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za