Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kinderteater

Kinderteater
 
2007-12-06


VIR die volgende twee weke is daar lekker vermaak vir die kinders by die Ou Meul-teater.

Môre om 10:00 is Prinses Jana en die Brullebak op die planke.

Prinses Jana kyk heeltemal te veel televisie. Die koning het al gesê sy sal vierkantige oë kry! Maar vir die klein prinsessie is daar niks wonderliker as die bewegende prentjies nie.

Wanneer die “remote control” eendag spoorloos verdwyn, kom Prinses Jana op ’n geheime televisiewêreld af, ’n wêreld waar die nare Brullebak sy eie slinkse planne het om al die kinders sy slawe te maak!

Kaartjies is R30.

* Prins Dirkie en sy tomboy-maatjie, Anabel, is terug vir ’n nuwe avontuur môre om 11:30.

Prins Dirkie droom nog steeds daarvan om ‘n ridder te wees, maar sy swaardjie is van hout, en vir gevaarlike gedoentes is hy maar skrikkerig! Hierdie keer oorreed Anabel hom om Seerower-Seerower te speel.

Wanneer ’n egte Seerower Kat vir Prins Dirkie vang, moet hy en die maatjies vinnig aan ’n plan dink!

Kaartjies is R30. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za