Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Radiodiewe verwoes motor

Radiodiewe verwoes motor
 
2007-12-06

Lise Beyers

DUISENDE rande se skade is verlede week aan ’n plaaslike man se voertuig aangerig toe rowers sy motorradio probeer steel het.

Die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 16:00 plaasgevind, toe twee mans die motor van Rudolf Olivier genader het wat onder ’n boom geparkeer was op die hoek van Eiland- en Tekstielstraat, Paarl.

Olivier het gesê dat hy altyd sy motor daar in die skadu parkeer, want daar is geen plek daarvoor by sy werksplek in Eilandstraat nie.

Volgens ooggetuies het die twee mans eers om die voertuig geloop, waarna hulle iets agter die motor opgetel het en die agterruit daarmee stukkend geslaan het.

Hulle het hierna nog ’n syruit gebreek om toegang tot die voertuig te verkry.

Terwyl hulle binne die motor besig was, het een van die mans die voorruit flenters geskop.

’n Ooggetuie wat vir Olivier ken, het hom geskakel en hy was binne enkele minute op die toneel.

’n Werknemer van ’n kafee oorkant die straat het die polisie verwittig en toe die rowers nog binne die voertuig was, is hulle op heterdaad betrap.

Olivier se voertuig het egter teen dié tyd gelyk asof dit in ’n ernstige ongeluk betrokke was.

Behalwe die ruite wat stukkend geslaan is, is die radio uitgebreek en die bekleding van een deur is geskeur.

’n Ontstoke Olivier was verstom om te sien hoeveel skade aan sy motor aangerig is, net om die radio te steel.

Die verdagtes, Rushios Adams (21) en Kallie Ruiters (25) ,is in hegtenis geneem en is aangekla van diefstal.

Talle omstanders het gesê dat hulle op die misdaadtoneel voorgekom het asof hulle onder die invloed van dwelms was.

* Two men were caught redhanded after damaging a parked car while trying to steal the radio in broad daylight in central Paarl. It is suspected they were high on drugs.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za