Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Virus ruk families

Virus ruk families
 
2007-12-06


'n TIENER het hierdie week aan ’n seldsame breinvirus gesterf, skaars ’n maand nadat ’n ander Wellingtonner met dieselfde simptome dood is.

Morné van Zyl (18) het twee weke gelede siekerig begin voel. Hy is vir sinusitis behandel, maar die hoof- en lyfpyne het vererger.

Donderdag is hy in Paarl MediClinic opgeneem. Maandagoggend het hy konvulsies begin kry en is hy aan ‘n respirator gekoppel.

Daar is vasgestel dat die virus na sy lewer en brein versprei het. Sy organe het een na die ander ingegee, en hul seun het gesterf, vertel hartseer gesinslede.

Op 29 Oktober het Jean Britz (30) naar wakker geword. Toe hy die volgende dag steeds naar was en konstant hoofpyn gehad het, is hy vir sinusitis behandel.

Twee aande later is hy na MediClinic se noodkamer, en twee dae later weer. Elke keer was die diagnose sinusitis.

Op 6 November is hy deur ’n internis geskandeer en is sy lewerfunksie getoets, sonder ’n teken van abnormaliteit.

Daardie aand het Jean begin deurmekaar raak en kon hy nie meer loop nie.

’n Lumbale punksie het bevestig - Jean het virale encephalitis (breinontsteking) onder lede.

“Ons was 24uur per dag by hom,” het sy skoonsuster, Ilse Britz, gesę.

Die Saterdag het Jean begin hiperventileer en is sy vrou, Kruschenke, meegedeel dat hy ’n sekondęre infeksie opgedoen het en na intensiewe sorg oorgeplaas word.

“My broer is toe daardie Maandag 10:08 oorlede,” het Ilse gesę.

“Ons het al die moont­like inligting ingewin oor die siektetoestand.

“Die virus is oral teenwoordig, maar net een uit 250 000 mense kry virale encephalitis daarvan. Daar is nie soveel mense in Wellington nie! Dit is nie bekend hoekom die virus die bloed-breingrens oorsteek nie.”

Medici in Wellington is hierdie week met navrae van bekommerde ouers oorval.

“Verskeie virusse kom hierdie tyd van die jaar spontaan voor,” het dokters bevestig. Dis ook hoekom daar nou soveel aansteeklike kindersiektes soos waterpokkies en pampoentjies die ronde doen.

“Dat twee Wellingtonners oorlede is nadat hul breine aangetas is, is bloot toevallig. Daar is geen voorkomende medikasie nie. Dieselfde virus sou by ander nie tot encephelitus gevorder het nie.

“Ons het beslis nie hier met ‘n aansteeklike breinvliesontsteking te make nie.

Jean en sy vrou het naby sy ouers, Wilhelm en Liana Britz, op ’n kleinhoewe op die Hermonpad buite Wellington gewoon waar die mans met Land Rovers sake gedoen het.

Die jong Morné en sy ouers, Karel en Tersia van Zyl van Queenstraat, was soos die Britze groot buitelug-entoesiaste met hul vierwielaangedrewe voertuie.

Morné laat ook ’n ouer broer, Alexander, en suster, Lise, wat twee weke gelede getroud is, agter.

Die gedenkdiens is môre om 15:00 in die Hervormde Kerk, Stirlingstraat, Paarl.

* Two young men, both from Wellington, have died from a rare viral infection.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za