Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe is sokkerbesluit geneem?

Hoe is sokkerbesluit geneem?
 
2007-12-06


EK wil my ontevredenheid uitspreek oor die manier waarop die nuwe hoof van Boishaai, mnr Derek Swart, en die beheerliggaam tot hul besluit gekom het om sokker uit die skool te skop.

Swart beweer dat die ouers geraadpleeg is, maar ek moet met hom verskil, want ons dra nie kennis daarvan nie.

Na ’n noodvergadering vir die ouers, wat verlede week Woensdag gehou is, het dit aan die lig gekom dat baie ouers eers van die besluit deur die media gehoor het.

Hy beweer nou dat die gouste wat hy die ouers te woord kan staan eers Februarie is.

Dit wys net hoe belangrik hy die gevoel en mening van ons as ouers ag. Dis nou demokrasie vir jou. Hoof en rugbybeheerliggaam besluit en die res moet volg.

Mnr. Swart sal u heroorweeg as ons ’n klomp volstruise invoer en ons seuns leer om op hulle sokker te speel? Seblief!

Mag so ’n eensydige besluit deurgevoer word? Het mnr Swart korrekte protokol gevolg? Gaan Boishaai nou tien tree terug gee in plaas van tien vorentoe?

Help tog voor Februarie.

Sokkermamma

Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za