DIE Daljosafat-toetssentrum sal tydens die feesseisoen slegs op 24 en 31 Desember gesluit wees, asook 1 en 2 Januarie.
Op 27 en 28 Desember en 3 en 4 Januarie sal dit oop wees vir alle transaksies behalwe aansoeke vir bestuurs- en leerlinglisensies.
Die publiek word ook gevra om op te let dat dié kantoor deur die jaar op Maandae en Donderdae oop is vir alle transaksies tot 15:30, maar op Vrydae en die maandeinde kan betalings slegs gedoen word tot 14:30.
Die toetssentrum op Wellington is Maandae en Donderdae oop tot 15:00 en Vrydae tot 14:30 vir betalings.