Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duisende vrygelaat

Duisende vrygelaat
 
2005-06-15


POLISIEBEAMPTES verwag dat misdaad drasties sal styg met die amnestie aan duisende gevangenes in Paarlse tronke.

“Die mense wat vrygelaat word, het nie werk nie. Wat kan ons verwag anders as ’n styging in die tipe misdade waarvoor hulle in hegtenis was?

“Dis veral huis- en motoreienaars wat gaan kleitrap met inbrake.”

Meer as die helfte van die 300 jeugdige gevangenes in Hawekwa by Wellington, word hul vonnisse kwytgeskeld.

Van dié seuns het gister eers vir oulaas op sake hangend teen hulle voorgekom en is daarna vrygelaat.

Tot 1000 gevangenes loop in die amnestie periode vry by die hekke van Drakenstein Gevangenis uit.

Hoewel daar samewerking is tussen Korrektiewe Dienste en die polisie, met die opstel van persoonlikheidsprofiele oor plaaslike inwoners wat vrygelaat word, meen die polisie hulle werkslas sal swaarder word.

“Ons wens ons kan anders glo, maar ons is al so gewoond daaraan. Ons sit met dieselfde kriminele. Is daar byvoorbeeld ’n skielike vlaag inbrake, kan ons maar kyk, dan is van ons ou kalante weer op borg, of op parool, of nou met amnestie vrygelaat,” sê die polisie.
Indien inligting betroubaar aan die polisie oorgedra wil word, skakel kapt Charles Daniels (807-4000).



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za