Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kursus in kultuur vir onderwysers

Kursus in kultuur vir onderwysers
 
2007-12-06


MET die onlangse veranderinge in die onderwys het opvoeders dikwels geen opleiding om die Kuns en Kultuur leerarea aan te bied nie.

Die leerarea word veral in skole uit histories-benadeelde omgewings waar spesialis-opvoeders nie bekostig kan word nie, afgeskeep.

Die Afdeling Musiekopvoedkunde in die Departement Musiek van die Universiteit Stellenbosch bied sedert 2005 ’n tweejarige deeltydse GOS-program aan waarin Kuns en Kultuur opvoeders bemagtig word om hulle vak met groter insig en vaardigheid aan te bied.

Daar word geglo dat ’n verbetering in die opleiding nie alleen die leerarea as sodanig sal baat nie, maar dat die leerders in skole op hul beurt ook bemagtig sal word om hulself te bekwaam in die kunste.

Die GOS (Kuns en Kultuur) Program strek oor twee jaar, en bestaan uit kontaksessies tydens vakansies en op Saterdae, asook afstand-onderrig.

Daar word van ingeskrewe studente verwag om tussen kontaksessies opdragte van ’n akademiese aard te voltooi, en die kontaksessies fokus hoofsaaklik op die verwerwing van die nodige praktiese vaardighede.

Vakad­vi­seurs wat met hierdie opvoeders in die skole te doen kry, is baie positief oor die uitkomste van hierdie kursus.

Die eerste groep studente wat die kursus voltooi het, het einde 2006 tydens die Universiteit se gradeplegtigheid hul sertifikate ontvang.

Aansoeke word tans ontvang vir die kursus in 2008-2009 Finansiële ondersteuning is beskikbaar in die vorm van beurse vir behoeftige studente.

Navrae aan prof Maria Smit, by 021 808 -2364 of e-pos msmit@sun.ac.za




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za