Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere brul weer ná goeie oorwinning

Tiere brul weer ná goeie oorwinning
 
2007-12-06


DIE Young Peoples Krieketklub het Saterdag tydens ‘n wegwedstryd die gekombineerde span van Vredenburg/Saldanha met agt paaltjies geklop om nóg ’n waardevolle bonuspunt in te samel.

Die tuisspan se kolflys was van die begin af in die moeilikheid met paaltjies wat op reël­maat gekantel het.

Daarby saam kon die Weskus-manne nie enige noemenswaardige vennootskappe aan die gang kry om werklik ’n aanspraak op die wedstryd te maak nie.

Goeie werk deur die naatbouler Marshall Lategan (3/15), Charlton Daniels (2/15) en Gerscian Gabriels (2/31) het hul teenstanders tot 115 beperk.

Die Tiere het aggressief gekolf en die wenlopies reeds in die 22ste beurt behaal.

Die kaptein Brendon Adams (56*, 6x4 en 2x6) en Shaun Cutting (21, 3x4) het die langsteel ingelê.

Vredenburg/Saldanha se tweede span het nie vir hul kragmeting by Daljosafat-sta­dion opgedaag nie en die Tiere het sodoende vyf punte op ’n skinkbord ontvang.

Die Tiere se derde span is nog steeds onoorwonne nadat hulle Northdene in Kraaifontein met sewe paaltjies geklop het.

Die tuisspan het eerste gekolf en is danksy goeie boulwerk deur Cameron Engelbrecht (5/45) en Gerswin Philander (5/40) vir 125 lopies uitgeboul.

Dié teikentelling het geen werklike uitdaging vir Young Peoples gebied nie, met James de Wet (45*, 4x4), en Lindsay Davy (20, 2x4) wat korte mette met die Kraaifonteiners gemaak.

* Young Peoples I speel Saterdag hul laaste wedstryd van die jaar teen Worcester United by Daljosafat-stadion.

Die tweede span speel weg teen Worcester.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za