Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Forum vir kinders op been

Forum vir kinders op been
 
2007-12-06


ROLSPELERS het Dinsdag in Wellington vergader om sake rakende veral voorskoolse ki­n­­ders te bespreek en ’n forum te stig.

Daar is kommer omdat daar nog so baie jong kinders is wat verwaarloos rondloop en nie by kleuterskole of bewaarskole ingeskakel is nie.

’n Instansie, Catholic Welfare and Development, het hom be ywer om buitelandse gelde te bekom wat uiteindelik na plaaslike instansies afgewentel sal word vir ontwikkeling.

’n Droom van die Forum is om hulle te bearbei vir die verligting van armoede, om projekte van die grond af te bring en om meer ouers by hierdie projekte te betrek, soos die stigting van ’n gemeenskapstuin vir die verbouing van kossoorte, veral vars groente.

Gemeenskappe moet gehelp word om in hul eie basiese voedselbehoeftes te kan voorsien.

Die hart van die Forum lê oop vir die vrou en kind wat swaarkry.

Hulle wil graag sien dat meer mense uit die algemene publiek prakties en fisies betrokke raak in hul projekte, sodat armoede hokgeslaan kan word en dat vroue en kinders se veiligheid gewaarborg kan word.

Hulle doen ’n beroep op die pu­bliek om betrokke te raak. Vir inligting, bel Janine by 021-­807 6314.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za