MET ’n lang tradisie van ‘klassieke elegansie’ bied een van die Kaap se bes bekende wynkelders nou ’n nuwe benadering tot die genot van eksklusiewe wyne in ’n eksklusiewe omgewing.
Die Wynproesentrum word in ’n ou skuur gehuisves wat in 1823 gebou is en is langs die skilderagtige ou woonhuis geleë. Binne betower die rustige atmosfeer jou en lok gaste om rustig op die sofas te sit en wyn te proe na hartelus.
Dié benadering verbreed die hele wynervaring. Dit bied besoekers nie net wyngenot nie, maar terselfdertyd ’n terugblik op ’n vorige grasieuse tydperk.
Die gemoderniseerde wynproesentrum is veelsydig en kan klein en groot groepe huisves.
Daar is ook ’n intieme konferensiekamer wat ’n maksimum van 14 afgevaardigdes kan hanteer.