Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos klop Wellington net-net

Paarl-Oos klop Wellington net-net
 
2007-12-06

Jacques Rossouw

DIE eerste span van GMT Paarl-Oos Krieketklub het die afgelope naweek naelskraap met sewe lopies oor McCarthy Toyota Wellington Krieketklub geseëvier.

Die Paarliete het eerste stelling voor die penne ingeneem en uitstekend gevaar om 225 aan te teken vir die verlies van slegs ses paaltjies.

Die staatmaker Bruce Miller (125*, 12x4 en 2x6), saam met Elroy Abrahams (34, 3x4) en Kurt Julies (28, 2x4), het die Wellingtonse boulaanval laat les opsê met goeie, geduldige kolfwerk.

A van der Merwe (3/34) en C Ritter (2/32) was Wellington se beste boulers.

Die Wellingtonners se kolfbeurt het stewig begin met Pieter Bergh (86, 8x4), Chris Schreuder (39, 4x4) en Van der Merwe (26, 2x4) wat hul teenwoordigheid laat geld het.

Alhoewel daar min te kies was tussen die twee spanne, het Paarl-Oos egter hul greep op die wedstryd verstewig om uiteindelik die wedstryd te wen.

Paarl-Oos II het Saterdag op Wellington met die tuisspan afgereken nadat hulle 245/8 in hul toegelate 45 beurte aangeteken het.

Die Paarliete het eerste gaan kolf met Tiaan Cloete (52, 5x4 en 1x6), Lee-Roy Goliath (47, 7x4), Wilton van Neel (36, 6x4 en 1x6) en Dane Schoor (32, 2x4) wat goeie bydraes gelewer het.

Wellington se Nicus Berg het uitgestaan met fantastiese boulsyfers van 5/29.

Die tuisspan se kolfbeurt was van korte duur nadat Paarl-Oos hulle vir 141 uitgehaal het.

Wayne Minnies (4/28), Cloete (3/28) en Van Neel (2/10) was die doring in Wellington se vlees.

Hierdie oorwinning het ook ’n bonuspunt vir Paarl-Oos in die sak gebring.

* GMT Paarl-Oos I en II speel Saterdag teen Paarl Krieketklub by New Orleans en Parys-velde onderskeidelik. Die derde span speel ’n wegwedstryd teen Touwsrivier.

Hierdie klub bied Saterdag ook ’n karaoke by die klubhuis aan. Toegang sal R5 wees. Vir meer inligting, skakel Andrew Appollis by 083-689-0017.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za