DIE waenhuis word gebou. Hoog tyd, meen bewaarders van erfenis, want die vervoerbedryf is so deel van die Vallei soos klippe op ’n grondpad.
“Wagenmakersvallei” was ’n vroeë naam vir die Bo-Bergriviervallei.
Voor die koms van die motorvervoer, was duisende rytuie, passasierswaens en goederewaens gebou in die Vallei. Alle gemeenskappe was betrokke in die bedryf.
Handwerkers het op hul eie persele gewerk om onderdele te maak. Dit was dan inmekaargesit by ’n aantal fabrieke.
Almal het saamgewerk vir ’n gemeenskaplike doel en die Vallei het bekend geword vir sy voertuie, en het vooruitgegaan.
’n Klein maar belangrike versameling van trekdiervoertuie is versamel in die Paarl en ‘n vertoongebied vir laasgenoemde is gesoek vir die laaste 40 jaar.
’n Groep gemeenskapsbewuste mense, met die hulp van die munisipaliteit, Wynland distriksmunisipaliteit en die Lotto, tesame met ander publieke en private organisasies, het nou voorsiening gemaak vir ’n tuiste vir die versameling deur ‘n nie-winsgewende organisasie, die De Poort Projek.
De Poort Heritage Village word gebou op ’n erf aangrensend aan Hoof-, Pine-, Tabak- en Turkstraat in Suider-Paarl, naby die Paarl spoorwegstasie. Die eerste gebou behoort teen Februarie volgende jaar voltooi te wees.
Om ’n Vriend van De Poort te word, kan ’n steen van R10 tot R1000 gekoop word. Kontak Francis Graves by 021-863-5009.