Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mielies nie antwoord

Mielies nie antwoord
 
2007-12-06


’n KONFERENSIE wat die strategieë en tegnologie uitlig om die langtermyn volhoubaarheid van die Suider-Afrikaanse biobrandstofindustrie te verseker sonder om voedselproduksie te belemmer, word vandag by die Universiteit van Stellenbosch aangebied.

’n Paneelbespreking met internasionale en plaaslike kundiges word van16:00 tot 18:00 gehou waartydens besin sal word oor die volhoubare toekoms van biobrandstof in Suid-Afrika. Hierdie sessie is oop vir die breë publiek en nie net kongresgangers nie.

Die Biobrandstof konferensie word geborg deur die Suid-Afri­kaanse Nasionale Instituut vir Energienavorsing (SANERI), in sa­mewerking met die SANERI Senior Leerstoel in Biobrandstof en ander skoon Volhoubare Brandstowwe, wat vroeër vanjaar aan prof Emile van Zyl van die Universiteit Stellenbosch toegeken is.

Spesiale sessies sal gewy word aan hoe landbou kan help om ’n volhoubare energiebron in suidelike Afrika op te bou, asook aan die nuutste beskikbare tegnologie wat beskikbaar is.

Daar word ook gekyk na alternatiewe biomassa-gewasse, die omskakeling van biomassa tot etanol en hoe dit gedoen kan word danksy termo-chemiese prosesse.

“Ons sal ook die waardeketting bespreek wat ter sprake is wanneer ons oor biobrandstofproduksie praat, en watter ekonomiese hulpmiddels beskikbaar is om strategiese besluite oor ’n toekoms vir die plaaslike bedryf te besin,” verduidelik prof Van Zyl.

“Dit is nie noodwendig volhoubaar om net mielies as beide ’n bron van voedsel en biobrandstof te kweek nie,” glo prof Van Zyl. “Ons moet eerder fokus op die volgende generasie van tegnologie waardeur houtagtige plantmassa ook as energiebron gebruik word.”

“Dit is die ideaal dat biobrandstof ook vervaardig word van gewasse wat nie ’n primêre voedselbron soos mielies is nie, en wat gekweek kan word in gebiede wat nie tans vir voedselproduksie of natuurbewaring gebruik word nie.”

Vir meer inligting oor die kongres, besoek www.chemrawn. co. za biofuels.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za