Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole gee hand met Kersfonds

Skole gee hand met Kersfonds
 
2007-12-06


PLAASLIKE skole het vandeesweek die Paarl Post Kersfonds ’n groot hupstoot gegee, so saam met die afskop van die vakansie.

Alle skenkings van lesers aan die Paarl Post Kersfonds gaan aan plaaslike welsynsorganisasies deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun.

Verskeie pragtige skenkings is reeds van plaaslike maatskappye ontvang en hierdie week het onderwysers van die klein plaasskool Alfons Primêr in Agter-Paarl die kinders se skenking van R173,20 oorhandig.

Die leerlinge van Hoër Meisieskool Paarl het ook die fonds ’n pragtige hupstoot gegee met ’n skenking van R1278,10 wat op die laaste skooldag oorhandig is.

Dan het Hugenote Hoërskool ’n tweede skenking van R500 uit hul Liggiesfees se opbrengs gestuur.

Saam met ’n anonieme skenking van R150 van “vriendin” en ’n welkome bydrae van R1000 van oudburgemeester Jan de Necker staan die insameling vandeesweek op R43 618,20. Daar is nog net twee weke oor om skenkings te maak.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlike bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes deur die Paarl Post Kersfonds.

Alle bydraes aan die Paarl Post Kersfonds word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Stuur skenkings aan Paarl Post Kersfonds, Posbus 248, Paarl 7620 (tjeks moet dan uitgemaak word aan Wes-Kaap­se Gemeenskapskas). Alle skenkings word in die Paarl Post erken.

Skenkings kan ook direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021­872-9280 (aandag Kersfonds).

Die Gemeenskapskas benut alle leserskenkings om welsyn te steun - administrasiekostes word verhaal uit ander bronne, soos erflatings.

Vir navrae, kontak Conrad Rademeyer, algemene bestuurder van die Paarl Post (021-807-37170) of Anne Kruger, redakteur van Paarl Post (021-870-3701).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za