Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Windmeul skool kry nuwe ingang

Windmeul skool kry nuwe ingang
 
2007-12-06


DIE Windmeul Primêre Skool langs die Vrygunspad in Noord Agter-Paarl wikkel om sy fisiese geaardheid in lyn te kry om skoolveiligheid te bevorder. Weskus-Wynland Distriksmunisipaliteit is tans besig om die ingang na die skool op te gradeer.

“Ons skool is stadig maar seker besig om die trots van die gemeenskap te word,” sê adjunkhoof Leonard Rhoda.

“Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het in 2005 die skoolterrein omhein, en nou kom ons nuwe ingang. ’n Netjiese geteerde voetpad word nou aangelê vir die leerders se veiligheid wat voorheen langs die besige Vrygunspad gestap het.

“Hier is gelukkig nog nie een van ons skool se leerlinge raakgery nie, maar ons wil nie die noodlot tart nie,” sê skoolhoof George Kroneberg.

“Dis net die motors wat vinnig hier verbyry nie, maar spoedbeperkingsborde is aangebring wat motoriste waarsku oor die skoliere.”

Binnekort sal die busse en vragmotors ’n gereserveerde parkeerarea hê om leerders op en af te laai. Sodoende sal die veiligheid van die leerders verder verseker word.

“Die ingang gaan ook ’n gemotoriseerde skuifhek kry, wat kontrole oor die toegang tot die perseel sal verseker,” sê Kroneberg.

Inbrekers kan blykbaar ook maar vergeet van hulle planne, want dan moet hulle verby Abel Mentoor, die skoolopsigter, en sy honde kom. Hy woon op die perseel en die skool het dus sy eie sekuriteitswag.

Kroneberg het ook gesê dat die skool sentraal lê vir die gemeenskap wat hy bedien en dat hy trots is op sy ouers wat besit daarvan geneem het om dit te beskerm.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za