NEE, ek het nie ’n seun op Hoër Jongenskool nie (nog nie), maar enige leek behoort teen hierdie tyd te weet dat dié Paarlse skool ’n trotse geskiedenis van rugby het.
Seuns van oral oor die land, en nader, uit woonbuurte oral uit die Paarlvallei, gaan juis na Boys’ High oor die tradisie van rugby en nie oor die sokker nie.
Nou probeer ’n klein groepie mense sokker op dié skool afdwing, terwyl dit duidelik is dat daar nie ’n oorhoofse behoefte daaraan is nie.
Is dit nie tog die maatstaf van enige demokrasie dat die meerderheid sal regeer nie?
Laat sokkerspelers liewer iets positief doen soos die klub-sokker in die Paarl te versterk.
Skop hul uit