Dorpstraat vermaak
2007-12-13
DIE volgende weke is daar hope vermaak by Dorpstraat teater op Stellenbosch. * Vanaand kuier die koningin van Afrikaanse komedie, Dowwe Dolla, hier. Sy doen haar gewilde Dowwe Dolla en die Goeie Feeks vertoning. * Môre behoort aan Dave Ferguson. Woorde kan nie die talent van hierdie mondfluitjiespeler beskryf nie. Soos sy poster sę “freak show”. * Saterdag kuier Gert Vlok Nel weer hier. Sy oorsese sukses ken geen perke nie en dis ook in hierdie stad met sy tulpe, waar die publiek en aanhangers Gert, tot sy verbasing, as u aanspreek. * Maandag is Die Kaalkop Waarheid in Dorpstraat. Lekker jollig met sterk lirieke, het hierdie groep beslis ’n eiesoortige bekoring. Brenda Burnit gaan die vertoning van die aand open. Hierdie is ’n jong dame waarmee rekenskap gehou moet word! Vir navrae, skakel 021-886-6107.
More
News
|