DIE opera-diva Zanne Stapelberg, die jazz en rock-diva Gloria Bosman en DNA Strings tree vanaand, môre en Saterdag op in “Divas on a String” by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch.
Dié opwindende en unieke produksie, wat bestaan uit Spaanse, Suid-Afrikaanse en klassieke musiek, is saamgestel deur die geniale Janine Neethling wat ook die musiekregisseur vir die vertoning is.
Die gehoor sal bekoor word tradisionele Afrika-liedere, bekende opera arias, Astor Piazzolla en oorspronklike Suid-Afrikaanse musiek.
Die twee diva’s word verder ondersteun deur Voices of the Nation en klassieke kitaarspeler James Grace.
DNA Strings tree ook op Saterdag om 18:00 in hul eie vertoning, Salsa Celtica, waar ’n mandolien, bohdran, tablas, trekklavier, klavier, kwęlafluit en bansuri gehoor en gesien word.
Kaartjies kan bespreek word by Computicket of die Oude Libertas-kaartjieskantoor by 021-809-7473.