Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blink toekoms vir kelder

Blink toekoms vir kelder
 
2007-12-13


DIE Wamakersvallei wynkelder op Wellington spog nie net met blink bekers vir kampioenwyne nie, maar nou ook met ’n blinker wynstoor.

Dié kelder in Stokeryweg is een van die min kelders in die bedryf wie se totale tenkkapasiteit hoofsaaklik uit vlekvrye staal vervaardig is.

Die tenks wat tans geïnstalleer word, is die afsluiting van verbeterings wat aangebring is aan die kelder volgens ’n vyfjaar kapitale verbeteringsplan wat die direksie van Wamakersvallei goedgekeur het.

Dit is die vervanging van betontenke met ’n kapasiteit van sowat 1,6 miljoen liter wat as stoorruimte vir wyn gebruik is.

Die nuwe stoor is op presies dieselfde planne as die vorige stoor, maar met die dak verhoog tot ’n nokhoogte van 17 meter.

Die huidige installasie behels 24 tenke met verskillende kapasiteite van tussen 19 000 liter en in die geval van die 15m hoë tenke, 130 000 liter.

Sommige is enkeltenke, ander is tenke met twee kompartemente en nog ander trip­pel- kom­bitenke met drie kompartemente. Die totale kapasiteit van Wamakersvallei se verbeterde stoor sal sowat 3,5 miljoen liter wees.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za